Total Pageviews

Saturday, October 29, 2011

Die 60s fees van die jaar!

Alles voorberei soos vir 'n koning








Ons kom toe veelkleurig opgetof daaraan


Terwyl die pers uitgebreide dekking aan die geleentheid verleen het







Die seremoniemeester was al weer op sy stukke met: "A staan vir.., B staan vir.. en...
J staan mos vir Jaguar..!!"
 

met 'n pragtige sleutelhouer om die feit te onderstreep


 Gevolg deur die oudste spruit se kwinkslae



Toe die groot oomblik waarvoor almal mos gewag het: Pinotage spesiaal net vir ons gepluk, gepars, verouder en gebottel deur Menere Kritzinger en Morkel van Bellevue, die Wieg van Pinotage en die 1e plek in die heelal waar dit geplant is.


Die jongste en enigste blondine (nie dom nie, o nee!)




Rethe C. van Schalkwyk
"C" staan vir Cute.

 en die skatigge Duvan Marren. Sy oupagrootjie was ongelukkig 'n Khaki vandaar die haarkleur. En ..."...van" kom van? Raai weer?

Dierbare vriende van heinde en ver



 Grethe,  langbeen blonde skoonheidskoningin, van die Kaap spesiaal ingevlieg om ons dag op te helder


Ons middelste outjie, 'n ingenieur, maar andersins 'n juweeltjie




As fisioterapeute en elektroniese ingenieurs ontmoet is daar altyd 'n diep intellektuelle gesprek wat ons gewone ouens nie 'n woord van verstaan nie.


Ons het darem ook 'n dominee gekontrakteer om ons op die nou reguit paadjie te probeer hou.

Terwyl die res rinkink het moes die getroues die harde werk agter die skerms doen.

"Ek was tog in New Zeeland en toe daai Bryce Lawrence weer sy fluitjie blaas toe wou ek mos op die veld storm en hom so gaan klap!"

En al die pad uit die Kaap gekom net om by ons te kon wees.

Toe raak dit tyd om te vertrek, party doen in in styl soos van ouds... te perd!









Die getroue fotograaf weer al die pad die oggend nog spesiaal ingevlieg van Umhlanga om alles vir ons op film vas te vang.

Om sulke skoonseuns te kon kry is groot genade...

Ai tog, net nie dit nie, al weer 'n wolhaarstorie van Vlam.... Louise weet al want oor tyd leer mens, Hugo en Ian maak asof hulle dit nie hoor nie maar die arme Connie en Hannetjie moet voorgee dat hulle alles vir soetkoek opeet!

Die skoonmas het albei op Tukkies studeer, maar andersins is hulle te oulik!


En wie loer daarso?

En ons het ook pragtige gidshonde gekontrakteer om seker te maak dat niemand verdwaal nie.


met 'n bakkie vrag vol geskenke,


Dit sluit selfs reuse volgroeide bome in en wat alles peperduur was en jare se plesier gaan gee!

En briljant vir ons gereel


"Vriendskap...dis nie iets wat jy in die skool leer nie. Maar as jy nooit die betekenis daarvan verstaan nie, het jy nie regtig enigiets geleer nie"


Muhammad Ali